Op die plaas Klipfontein, waar ons Gaste Plaas gelee is, kom 'n natuurlikke fontein voor. Die water vloei in 'n klein stroompie deur die klippe oor die plaas waar 'n groot verskeidenheid boom spesies se wortels diep in die krake deurdring. Hiervandaan die naam 'Motswedi' en die inspirasie vir ons logo. Die Gaste Plaas is in 2022 geopen.
Hier by Motswedi streef ons om skoon en netjiese kamers te bied en 'n proffesionele diens te lewer waar 'n aaangename ervaring die mikpunt is.
Kamers is toegerus met 'n koningin-grootte bed. Asook 'n yskas, ketel, microgolf-oond en basiese breekware. Elke kamer het sy eie badkamer met 'n stort en bad. Die kamers loop uit op 'n stoep en voetpadjies wat lei na die parkeer area, funksie perseel en braai areas.
Enkel kamers is toegerus met twee enkel beddens. Ook toegerus met 'n yskas, ketel, microgolf-oond en basiese breekware. Elke kamer het sy eie badkamer met 'n stort en bad. Die kamers loop uit op 'n stoep en voetpadjies wat lei na die parkeer area, funksie perseel en braai areas.
Die Funksie perseel is beskikbaar om te besprek vir enige funksie of konferensie. Die perseel kan tot en met # mense akkomodeer. Decor en spyseniering kan self gedoen word.
Die braai area is gerieflik met verskeie klein lapas met elk sy eie braaiplek. Naby die swembad gelee. Bring eie braaitoerusting. Hout te koop by ontvangs.